The Pace Foundation (White)-26

Bloemfonteiners durf Comrades 2024 vir The Pace Foundation aan

Dewald-Comrades-2024

Dewald FourieFoto: Veskaf

Lientjie Mentz


Artikel vanaf BloemNuus op Netwerk24

Talle Bloemfonteiners het vandeesweek teruggekeer nadat hulle Sondag 9 Junie aan die moordende Comrades-ultramarathon tussen Durban en Pietermaritzburg deelgeneem het.

Vir sommige was hierdie ‘n baie spesiale jaar.
Agt atlete van Bloemfontein het Sondag deelgeneem om geld in te samel vir The Pace Foundation. Dié stigting is deur Dewald Fourie en sy vrou, Yolandi, begin om mense wat trauma beleef, te ondersteun. Die begin van die stigting val saam met die egpaar se eie soeke na berusting nadat hul 22 maand oue dogtertjie Karla in Desember 2009 oorlede is nadat sy in ‘n swembad geval het.

Dewald sê dit was vanjaar die eerste keer sedert 2019 waarop daar weer ‘n op-wedloop was. “Ons wou in daardie jaar die wedloop voltooi as deel van die 10de herdenking van ons dogtertjie se dood. Ongelukkig kon ek daardie jaar nie die wedloop voltooi nie.”

Die stigting en alles wat daarop gevolg het, het eintlik begin in 2018. Nadat Dewald die Comrades op televisie gekyk het, het hy en Yolandi besluit om die wedloop aan te durf ter herdenking van Karla.

In daardie stadium het Dewald 145 kg geweeg en was hy nie so fiks soos vroeër jare nie. Hy en Yolandi het vir die moordende wedloop begin oefen, maar Yolandi was voor die wedloop in 2019 in ‘n motorongeluk en het die wedloop gemis, terwyl Dewald nie die afsnytyd by Polly Shortts betyds gemaak het nie.

Lees meer op BloemNuus by Netwerk24