The Pace Foundation (White)-26

Egpaar gaan meer as 100km vir meisie (5) met gewas hardloop

10 Mei 2023

Janique Venter (5) leef al byna haar hele lewe met die gewas in haar nek saam
Janique Venter (5) leef al byna haar hele lewe met die gewas in haar nek saam


Egpaar gaan meer as 100km vir meisie (5) met gewas hardloop

’n Bloemfonteinse egpaar wat ’n kind aan die dood afgestaan het, gaan nou meer as 100 km hardloop ten bate van ’n vyfjarige meisie wat al byna haar lewe lank met ’n groot gewas in haar nek saamleef.
As ’n geldinsamelingsprojek vir die Bloemfonteinertjie Janique Venter se mediese behandeling, gaan Dewald en Yolandi Fourie volgende Vrydag 100,6 km in die stad aandurf.
Nog hardlopers en stappers gaan by hulle aansluit – en probeer om die volle afstand of ’n gedeelte daarvan af te lê.

Lees die volledige berig op Netwerk24 by: https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/mense/egpaar-gaan-meer-as-100-km-vir-meisie-5-met-gewas-hardloop-20230509