Jayden is ‘n jong 9 jarige seuntjie en ‘n ware rolmodel. Hy is ‘n leerder van Willem Postma Primêre Skool. ‘n Top presteerder op akademiese, kulturele en sportgebied. Die pragkind is ook ‘n Mimosa Mall brand ambassador.
Jayden het 6 tande in sy bokaak en 2 tande in sy onderkaak verloor.
‘n Ware seuntjie wat van speel en vuil word hou. Hy is daagliks besig om te soek na akkadisse en miere en versamel graag allerhande goggas en reptiele.
Sy sonskyn glimlag en opregte omgee hart sal gou jou aandag steel. Onderwysers en afrigters praat met lof van hierdie goed gemanierde kind. Jayden is ‘n “Gentleman” ‘n heer en altyd vrolik.
Hy het ‘n groot liefde vir Lego bou en spog met trots oor sy versameling. Dit word netjies en skoon gehou en met trots in sy kamer uitgestal.
Die talentvolle kind het ook ‘n natuurlike talent vir teken en oefen gereeld sy hand aan verf en skets klasse.
Rugby, hokkie, swem, gimnastiek en selfs dans was al op sy prestasie lys.
Hy is ‘n absolute spanspeler en staan as ‘n leier tussen ander uit. Jayden is baie geliefd onder verskeie groepe en kinders.
So dan ook van nature dat hy gereeld aan hokkie toernooie deelneem. Dit is baie hartseer dat hy tydens een van sy gunsteling aktiwiteite ‘n ergelike besering opgedoen het.
Saterdag, 9 September het hy tydens sy 1ste wedstryd vir die dag, binne vyf minute in die spel in, ‘n massiewe hou met ‘n hokkiestok deur sy mond gekry.
‘n Opponent van die span teen wie hul gespeel het, wou die bal slaan en het per abuis vir Jayden getref reg in die mond met die grootste inpak op sy bokaak.
Hy is dadelik van die baan af en hospitaal toe geneem. ‘n Noodoperasie is gedoen en die skade aan sy mond is groot.
Jayden het 6 tande in sy bokaak en 2 tande in sy onderkaak verloor.
Die genesingspad wat voorlê is ‘n lang proses met baie kosmetiese- en rekonstruksiewerk.
Vir nou is ons dankbaar dat sy mondjie kan genees en glo en vetrou dat met elkeen se bydrae ons die volgende 3 tot 8 jaar rekonstruksie proses vir hom moontlik kan maak.
Lees meer op Netwerk24 by: https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/bloemnuus/jy-kan-ook-vir-jayden-9-help-na-hy-tande-in-hokkiewedstryd-verloor-20230912-2
Hoe kan jy help?
Vir besighede wat donasies wil maak stuur ‘n epos na info@thepacefoundation.co.za
Inskrywings nou gesluit.
Donasies nog welkom.
Jayden’s 1000 dyes
’n Fondsinsamelingsgeleentheid is beplan om die mediese koste te dek na ‘n frats hokkie ongeluk. Dit sluit in ’n “tie-dye”-aktiwiteit. Dagboek die datum – 14 Oktober.
Plek: Willem Postma Primêre Skool
Tyd: 09:00 – 13:00
Datum: Saterdag 14 Oktober 2023
Kontak naam: Margret Botha
Kontak Nommer: 076 044 7663
E-mail: margretvanzylbotha@gmail.com
Bring saam: Jou eie effe kleur T-hempie. Eetgoed en drinkgoed is by die skool se snoepie beskikbaar. Heerlike koffie ook.